Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britte wil inhaal in ruimtewedloop

Brittanje het Dinsdag sy planne uiteengesit om saam met lande soos Amerika, China, Rusland en die lede van die Europese Unie (EU) aan die ruimtewedloop deel te neem.

Die Britse premier, Boris Johnson.Foto: Reuters

Die regering van Boris Johnson het gesê die ruimte gaan oor die volgende paar jaar toenemend ’n gebied van kommersiële en militêre mededinging word.

Sonder die ekonomiese mag om die groot koste van ruimtereise te finansier, is Brittanje egter grotendeels agtergelaat deur die wêreld se voorste verkenners van die ruimte, soos Amerika, Rusland, China, Indië en die EU.

Johnson wil ook nou ’n sitplek in die wedloop bespreek – hoewel ’n beskeie een – met die ontwikkeling van ’n program om Britse satelliete teen 2022 vanaf Skotland die ruimte in te stuur.

“Dit sal aan ons groter strategiese outonomie en buigsaamheid gee in terme van wat Brittanje in die ruimte plaas en wanneer,” lui die dokument waarin Brittanje sy planne uiteensit.

Brittanje se vermoë, wat van kardinale belang is vir kommunikasie, die verdediging teen missiele en wêreldwye afluistering, is grootliks gebaseer op sy alliansie met die VSA en sy samewerking met ander Europese moondhede. Die ruimte is sedert 2010 een van Brittanje se snelgroeiende sektore met 42 000 mense wat in die sektor werksaam is, en met ’n jaarlikse inkomste van $20,5 miljard.

’n Bevelsmag vir die ruimte word later vanjaar bekend gestel om Brittanje se belange op aarde en in die ruimte te bevorder.

Brittanje beoog ook om sy plek te behou as een van die wêreld se voorste lande met die ontwikkeling van kwantum-tegnologie en kunsmatige intelligensie.

Strategies gesproke word China deur Brittanje as “ ’n mededinger” beskou, en Rusland, Iran en Noord-Korea as “vyandige state”. Reuters


Meer oor:  Boris Johnson  |  Brittanje  |  Ruimte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.