Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Britte woedend oor VSA vrou nie wil uitlewer
Harry Dunn.Foto: Justice4harry19

Die familie van die Britse motorfietsryer wat glo deur ’n Amerikaanse vrou doodgery is, is woedend dat Amerika haar nie wil uitlewer om in Brittanje tereg te staan nie.

Harry Dunn (19) se familie dring aan op ’n vergadering met die Britse eerste minister, Boris Johnson, nadat Mike Pompeo, Amerika se minister van buitelandse sake, bekend gemaak het dat Anne Sacoolas nie aan die Britte uitgelewer gaan word nie.

Hy het in ’n e-pos aan die Britse regering gesê dit sal die hele beginsel van diplomatieke immuniteit nietig maak.

Dunn is in die hospitaal dood nadat hy en Sacoolas in Augustus verlede jaar in Northamptonshire in ’n botsing betrokke was.

Sacoolas is getroud met ’n Amerikaanse inligtingsbeampte en het Brittanje ná die ongeluk onder diplomatieke immuniteit verlaat.

Charlotte Charles, Harry Dunn se ma.Foto: AP-argief

Dominic Raab, die Britse minister van buitelandse sake, sê hy is teleurgesteld oor Amerika se besluit en die Britse regering “oorweeg dringend sy opsies”.

“Ons voel die besluit kom neer op die weiering van geregtigheid. Ons glo Anne Sacoolas moet teruggestuur word na Brittanje.”

Die Dunn-familie se woordvoerder, Radd Seiger, is nie tevrede dat Johnson genoeg vir hulle doen nie.

“Dit is die eerste keer in die geskiedenis van Amerika dat hulle ’n uitleweringsversoek afwys. Dit is een van die donkerste dae in die geskiedenis van dié spesiale verhouding.

“Boris Johnson wou premier word en nou word hy getoets. Ek verwag van hom om dié uitdaging aan te pak en my en die familie te spreek om aan ons te sê wat hy in verband met die saak gaan doen.”

Seiger het aan MailOnline gesê die Amerikaners het ’n “wettelose, korrupte regering wat lyk of hy sy naaste internasionale vennoot aanval”.

“As (pres. Donald) Trump en Pompeo dink dit is die einde van die saak, kan hulle maar weer dink. Span Harry sal môre (Vrydag) met die regering praat en ons volgende stappe bespreek. En volgende stappe sal daar wees. Die hele wêreld is aan Span Harry se kant. Dit is nie ’n stryd wat Amerika gaan wen nie.”

Andrea Leadson, die Dunn-familie se parlementêre verteenwoordiger, sou Vrydag met die Amerikaanse ambassadeur, Woody Johnson, vergader om oor die saak te praat.

Nadat sy Brittanje verlaat het, het Sacoolas se regsverteenwoordigers in ’n verklaring gesê sy sal nie uit haar eie wil na Brittanje terugkeer om deur tronkstraf in die gesig gestaar te word vir ’n “onbedoelde ongeluk” nie. – BBC; DailyMail

https://www.bbc.com/news/uk-england-northamptonshire-51228262

https://www.dailymail.co.uk/news/article-7922781/America-REFUSES-hand-diplomats-wife-accused-killing-19-year-old-British-biker-Harry-Dun.html

Meer oor:  Uitlewering  |  Amerika  |  Motorongeluk  |  Brittanje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.