Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
‘Burgeroorlog dreig in VSA’ oor aborsieregte

Vooraanstaande Christene in Amerika – van mense betrokke by godsdienstige tydskrifte tot skrywers en politici – het gewaarsku dat die stryd oor aborsieregte tot ’n nuwe burgeroorlog in die land kan lei.

Aktiviste teen aborsie betoog op 18 Januarie vanjaar buite die hooggeregshof in Washington DC. Foto: Saul Loeb/AFP/Getty Images

Sulke ekstreme vooruitskouings is nie noodwendig nuut uit regse geledere nie, maar die aanvaarding van streng teen-aborsiewette in talle deelstate in Amerika het weer dié ou voorspellings laat opvlam.

Wette ingevolge waarvan aborsies slegs gedoen kan word tot en met ses weke – wanneer baie vroue nog nie eens weet dat hulle swanger is nie – en die “hartklopwet” – geen aborsie nadat die fetus se hart gehoor kan word nie – verdeel Amerika oor die reg van ’n vrou se keuse.

Hierdie wette sluit nie gevalle van verkragting en bloedskande uit nie, berig Independent.

Candice Keller, ’n Republikeinse kongreslid vir Ohio, en andere bespiegel openlik dat die verdeeldheid oor aborsieregte ’n burgeroorlog kan veroorsaak.

Keller het dit verlede maand vergelyk met die destydse kwessie oor slawerny wat tot ’n burgeroorlog gelei het.

“Of dit ooit sal lei tot ’n tragedie soos die burgeroorlog, kan ek nie sê nie.”

Matt Shea, ’n Republikein van Washington, het ook al daaroor bespiegel, berig The Guardian.

Op die vraag of hy dink die twee helftes van Amerika sal bymekaar bly, het Shea geantwoord: “Ek dink nie ons kan nie, want die helfte wil God en die regte pad volg, en die ander helfte wil nie, so ek weet nie hoe dit gaan hou nie.”

Die gedagte aan ’n burgeroorlog word veral in Christelike kringe genoem. In die laaste jaar het die tydskrif Charisma, die stem van die charismatiese en Pinkster-kerke, minstens ses artikels gepubliseer wat oor die “dreigende burgeroorlog” handel.

Die laaste was oor past. Michael L. Brown, ook ’n uitsaaier en skrywer, wat “militante aborsievoorstanders” vir die “komende burgeroorlog” blameer.

Die gedagte aan ’n burgeroorlog word veral in Christelike kringe genoem.

Vandeesmaand het Brown geskryf ’n burgeroorlog is nou seker, en “al wat nog bepaal moet word, is hoe bloedig dit gaan wees”.

Ook die TV-evangelis Rick Joyner het op sy webtuiste en ander Christelike publikasies oor die “komende oorlog” geskryf.

André Gafné, ’n medeprofessor in teologie aan die Concordia-universiteit in Montreal wat navorsing oor die godsdienstige regses doen, sê hoewel Charisma nie in sekulêre en liberale kringe in die land bekend is nie, praat dit namens “miljoene mense”.

Hy sê die gedagte aan ’n burgeroorlog prut al ’n rukkie in regse Christelike geledere en word deur egte geloof en egte vrees gedryf.

Meer oor:  Amerika  |  Aborsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.