Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Byekolonie gevind toe heuning teen die mure afloop

’n Egpaar van Pennsilvanië, VSA, was nie bewus daarvan dat hulle duisende “huisgaste” het nie totdat vars heuning teen hul huis se mure afgeloop het.

Andrea Isabell en haar man, Justin, woon al vyf jaar in hul 100-jarige huis in die dorp Perkasie en het onlangs uitgevind dat hulle ’n massiewe bykolonie in hul huis se solder het.

Andrea sê dat die dorp twee weke gelede swaar reën gekry het. Hulle het eers gedink die strome wat teen die muur afloop, is water.

Die heuning wat teen die mure van ’n Amerikaanse gesin se huis afgeloop het. Foto: Facebook/Justin Isabell

Die volgende dag het hulle dit van nader bekyk en besef dit is vars heuning. Andrea het by hul kamervenster uitgekyk en heuningbye by ’n opening in die dak gesien in- en uitvlieg.

Die soet spoor het vanaf die solder, al langs die mure af op die tweede verdieping en die grondvloer tot in kelder geloop, sê Andrea.

Hul hond het ook gou besef hier is ’n soetigheid wat hy lustig kan aflek.

Allan Lattanzi, ’n kontrakteur wat al agt jaar met bye boer, is ontbied en hy raam dat daar ’n kolonie van tussen 20 000 en 30 000 bye in die huis se dak woon. Hy vermoed dat die reënwater in ’n heuningkoek beland het en die heuning verdun het sodat dit uitloop.

Lattanzi het Maandag die byekorf verwyder en sal die kolonie op sy eiendom hervestig.

In ’n video wat op Facebook geplaas is, het Justin ’n komiese handleiding vir huiseienaars aangebied met die titel “Hoe weet jy of jy ’n by-probleem het?”

“Ons het strome by die muur gesien afloop en het nie geweet wat dit was nie,” het hy gesê. “So, met ’n deeglike lek . . . ja, dit ís heuning!” – Saamgestel uit CNN, 6ABC News en The Sun


Meer oor:  Vsa  |  Bye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.