Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Byna 100 kinders sterf weens ebola

Minstens 505 mense is aan ebola dood sedert die uitbreking in 2018 in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

Volgens die gesondheidsdepartement was daar sedert Augustus 97 gevalle wat tot die dood van kinders gelei het – 65 van die kinders was jonger as vyf jaar.

Dié uitbreking is die tweede dodelikste en tweede grootste in die geskiedenis, berig CNN.

Die virus het in 2014 tot die dood van 11 000 mense in Wes-Afrika gelei.

Volgens die departement was daar sedert Augustus reeds 806 gevalle van ebola, maar net 745 is bevestig.

ebola, DRK
Die ma van 'n kind wat vermoedelik weens ebola dood is, huil naby sy kis in Beni-streek van die DRK. Die foto is geneem op 17 Desember 2018. Foto: Reuters

“As ons nie dringende stappe doen om dit te bekamp nie, kan die uitbreking nog ses maande duur,” sê Heather Kerr, direkteur van Save the Children in die DRK.

Volgens Dokters Sonder Grense (MSF) het die ebola-virus sedert 15 Januarie toegeneem.

Africa News berig lande soos Rwanda, Uganda en Suid-Soedan is nou ook op ’n gereedheidsgrondslag.

Meer oor:  Ebola  |  Drk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.