Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Chaos toe skare Mugabe se lyk wil sien

Verskeie mense is in ’n stormloop in Zimbabwe beseer toe inwoners geskarrel het om die lyk van die voormalige president, Robert Mugabe, te sien.

Mugabe sal op ’n private seremonie begrawe word op ’n plek wat nog nie bekend gemaak is nie, het sy familie Donderdag aan Reuters gesê.

Die toneel by die Rufaro-stadion in Harare, Zimbabwe, toe die skare Donderdag genooi is om die ontslape oudpres. Robert Mugabe se lyk te besigtig.Foto: Twitter

Mugabe, wat Zimbabwe 37 jaar lank regeer het totdat hy in November 2017 deur sy eie weermag verdryf is, is ses dae gelede op die ouderdom van 95 in ’n hospitaal in Singapoer dood.

Sy lyk het Woensdag vanuit Singapoer in Zimbabwe aangekom en het Donderdag in staatsie gelê.

SADC News het getwiet talle mense is beseer toe hulle aan Mugabe wou hulde bring.

Mugabe se lyk het Donderdagmiddag by die Rufaro-stadion in Harare aangekom.

Die toneel by die Rufaro-stadion in Harare, Zimbabwe, toe die skare Donderdag genooi is om die ontslape oudpres. Robert Mugabe se lyk te besigtig.Foto: Twitter

The South African berig terwyl die lyk by die stadion aangekom het, het duisende Zimbabwiërs buite die hekke gewag om in te kom.

Dinge het egter vinnig handuit geruk toe talle inwoners die hekke oopgestoot en ’n stormloop veroorsaak het.

Die onlustepolisie kon toe die gebied afsper en die chaos keer.

Die lyk van die voormalige president sal tot sy begrafnis besigtig kan word.

Dit beteken Zimbabwiërs het nog vir twee dae die geleentheid om hul laaste hulde in die Rufaro-stadion aan Mugabe te bring.

’n Skare kom by die Rufaro-stadion in Harare, Zimbabwe, byeen om die lyk van die ontslape oudpres. Robert Mugabe te besigtig.Foto: Twitter
Meer oor:  Oudpres. Robert Mugabe  |  Zimbabwe  |  Wêreld  |  Stormloop  |  Beserings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.