Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Charles, Camilla se gewildheid taan al hoe meer
Camilla, die hertogin van Cornwall, en prins Charles se gewildheid taan al hoe meer, terwyl Diana, prinses van Wallis, selfs uit die graf uit steeds mense se harte steel. Foto: Getty Images

Twintig jaar ná die dood van Diana, prinses van Wallis, is sy steeds die immer gewilde prinses van harte – dit terwyl prins Charles al hoe meer ongewild raak.

En daar is net een naam wat steeds teen Charles tel – Camilla, sy tweede vrou en die hertogin van Cornwall.

Die Sunday Express in Brittanje het met ’n nuwe opname wat onder lesers gedoen is, bevind dat 67% van die deelnemers nie wil hê dat Camilla die titel van koningin van Engeland moet kry indien Charles sy ma, koningin Elizabeth, opvolg nie.

Dit is nou diegene wat nog meen dat Charles wel koning sal word. ’n Menigte wil eerder sien dat prins William koning word.

Boonop het 27% van die deelnemers aan die opname gesê hulle dink nou nog minder van prins Charles ná die onlangse uitsending van ’n dokumentêre program oor Diana op Channel 4.

Dit was die eerste keer dat beeldmateriaal van Diana waar sy met haar stemafrigter praat, in Brittanje uitgesaai is.

Prins Charles en Diana se seuns, die prinse William en Harry, se gewildheid neem steeds toe.

Penny Junor, koninklike kenner en skrywer van die boek The Duchess wat ’n paar maande gelede uitgereik is, sê in die Britse dagblad Mirror die publiek het prins Charles nog nie vergewe vir sy mislukte huwelik met Diana nie.

Prins Charles het na Camilla teruggekeer nadat sy en Diana se huwelik verbrokkel het.

Junor meen met die twintigste herdenking van Diana se dood einde Augustus het die anti-Charles-sentiment weer opgevlam.

Meer oor:  Camilla  |  Prins Charles  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.