Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Chileense myners waarsku Thaise sokkerspan

Terwyl die wêreld toegekyk het hoe die 12 Thaise sokkerspelers en hul afrigter uit die Tham Loeang-grot gered is, het die Chileense mynwerkers wat agt jaar gelede vir 69 dae ondergronds vasgekeer was, ook die reddingsdrama angstig gevolg.

Mikrofone van joernaliste by ’n nuuskonferensie wat Woensdag gehou is oor die toestand van die geredde Thaise kinders en hul afrigter. Foto: Reuters

Dié 33 mynwerkers was self ook die fokus van die internasionale media toe hulle in Augustus 2010 in die myn vasgeval het en eers op 13 en 14 Oktober bevry is.

Dit het ongelukkig nie noodwendig sedertdien goed gegaan met die geredde mynwerkers nie. Van hulle se verhoudings het verbrokkel, hulle het sielkundige probleme ontwikkel en gebrekkige inkomste gely, asook werkloosheid.

Die raad wat Luis Urzua, voormalige mynvoorman, vir die seuns het, is om na aan hul gesinne te bly en dit te probeer vermy dat hul kop begin draai deur allerlei geldelike aanbiedinge.

Urzua vertel van sy eie ervaring om gered te word, net om in flitsende kameraligte vas te kyk, deur prokureurs gejag te word wat kontrakte aanbied, asook politici wat die kollig saam met hom wou deel.

“Die kinders en hul gesinne sal nie die vermoë hê om dit te hanteer nie. Ons kon nie en ons was volwassenes,” sê Urzua.

Hy het die Thaise regering geloof vir die manier waarop hulle die situasie tot dusver hanteer het. Die seuns se identiteit is nie bekend gemaak nie en hulle is in kwarantyn geplaas in die hospitaal weens die risiko vir infeksies.

Urzua sê dit is ’n belangrike stap om die kinders eers eenkant te hou sodat hulle bietjie vir bietjie terug in hul ou omgewing geïntegreer kan word. Hy sê dat hy elke dag vir die kinders gebid het.

Hulle verhaal is, soos ons s’n, ’n verhaal van geloof en hoop.

“Hulle verhaal is, soos ons s’n, ’n verhaal van geloof en hoop,” sê Urzua.

Hy gee die seuns die raad om eers hul verhaal te vertel wanneer hulle voel hulle is reg daarvoor.

Nege van die geredde Chilene dagvaar twee prokureurs vir bedrog oor die regte van The 33, ’n boek van Héctor Tobar (2014) en Hollywood-fliek (2015) waarin Antonio Banderas gespeel het.

’n Chileense regter het beslis dat daar nie genoeg bewyse was om die oorsaak van die ongeluk te bepaal nie en uiteindelik is niemand daarvoor verantwoordbaar gehou nie. – Reuters

Meer oor:  Luis Urzua  |  Thailand  |  Chile  |  Myners  |  Sokkerspan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.