Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
China bang vir nuwe 'Mao Zedong'-plan

China beplan om miljoene jong mense terug te stuur na dorpies op die platteland. Dié plan maak mense bang dat daar teruggekeer word na die wrede metodes van Mao Zedong.

Die Kommunistiese Party se jeugliga (CYL) het belowe om teen 2022 meer as tien miljoen “studente-vrywilligers” na die platteland te stuur om “hul vaardighede te verbeter”, “die beskawing uit te dra en wetenskap en tegnologie te bevorder”, luidens ’n dokument van die Kommunistiese Party waaroor The Guardian berig.

’n Afbeelding van Mao Zedong.

Mao was die stigter van die huidige republiek van die mense, China, en het as voorsitter van die Kommunistiese Party die land geregeer van sy totstandkoming in 1949 tot en met sy dood in 1976.

Die doel van die plan is om die talente van diegene wat andersins na die stede sou gaan, op die platteland te hou, luidens ’n CYL-dokument waaruit die staatsbeheerde koerant die Global Times Donderdag berig het.

Zhang Linbin, adjunkhoof van ’n dorpie in die Hunan-provinsie in die middel van die land, sê hulle het jong mense nodig om met wetenskap en tegnologie die tradisionele ontwikkelingsplanne te verander.

Hulle sê nie hoe jong mense omgepraat gaan word om “vrywilligers” te word nie.

Gebruikers van Weibo, die “Chinese Twitter”, het versigtig op die nuwe planne gereageer, berig channelnewasia.

Baie mense onthou die chaos van die “Kulturele Revolusie” toe voorsitter Mao (soos hy algemeen bekend was) miljoene “jong intellektuele” dikwels in primitiewe omstandighede na die platteland gestuur het en universiteite ’n dekade lank gesluit het.

“Het dit weer begin?” het WangTingYu op Weibo gevra.

“Ons het dit 40 jaar gelede gedoen,” het Miruirong geskryf.

“Soms maak geskiedenis vordering, soms trek dit terug,” is KalsangWangduTB se mening.

Pres. Xi Jinping is bekend om sy nostalgie vir die Mao-era. Hy het sewe jaar op ’n dorpie in die arm Shaanxi-provinsie deurgebring nadat hy 16 geword het.


Meer oor:  Mao Zedong  |  Xi Jinping  |  China  |  Bang  |  Platteland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.