Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
China gebelg oor Navo-leiers se uitsprake oor hom

China het dreigend gereageer op die leiers van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) se verklaring dat hy ’n gevaar inhou.

“Ons hou nie vir enigiemand ’n gevaar in nie, maar as enigiemand vir óns ’n uitdaging word, sal ons dit nie daar laat nie,” lui ’n verklaring deur die Chinese regering.

Chinese afgevaardigdes het Dinsdag ná afloop van die Navo-beraad in Brussel, België, teen Navo-leiers uitgevaar nadat hulle Maandag te kenne gegee het dat China weens sy ambisie en oorheersende houding “sistemiese uitdagings” bied.

Navo-leiers staan Maandag vir ’n foto ná die Navo-beraad in Brussel, België. Foto: Reuters

Pres. Joe Biden van die VSA het ander lidlande aangemoedig om op te staan teen China se outoritarisme en gewaarsku dat dié land besig om sy weermag te versterk.

China meen egter hierdie uitlatings is lasterlik, veral omdat hy tot die bevordering van vrede verbind is. Hy meen Navo som die internasionale situasie verkeerd op en het ’n Koue Oorlog-mentaliteit.

’n Woordvoerder van die departement van buitelandse sake in Beijing het gesê Amerika en Europa het “verskillende belange” en dat van die Europese lande nie hulself tot Amerika se “veldtog teen China” sal verbind nie.

Die leiers van die G7-nywerheidslande het die naweek ná hul beraad in Cornwall, Brittanje, ’n verklaring uitgereik waarin hulle ook hul kommer oor die menseregteskendings in China en Taiwan uitspreek.

Die Chinese regering het in reaksie hierop gesê die G7 het sy reputasie skade berokken. Reuters


Meer oor:  Navo  |  China  |  Beraad  |  Gevaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.