Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
China kap terug nadat VSA sanksies instel

China het gister gesê hy sal Amerikaanse diplomate wat Hongkong en Macau wil besoek nie meer kwytskeld van visumvereistes nie.

Dié stap volg op finansiële sanksies teen China en ’n reisverbod op ’n aantal Chinese amptenare deur die Amerikaanse regering.

Beijing sal ook sanksies instel teen sekere Amerikaanse amptenare, lede van die Amerikaanse kongres, personeel van nieregeringsorganisasies en hul families “oor hul gedrag teenoor Hongkong”, het Hua Chunying, ’n woordvoerder van die Chinese departement van buitelandse sake op ’n nuuskonferensie gesê.

China doen ’n beroep op die VSA om nie verder hierdie “gevaarlike en verkeerde koers” in te slaan nie, het Hua bygevoeg.

Sy het nie die name gegee van die persone teen wie die sanksies gemik is nie en ook nie wanneer dit sal begin nie.

Die Verenigde State het Maandag finansiële sanksies en ’n reisverbod ingestel teen 14 Chinese amptenare, weens hul aandeel in die nuwe veiligheidswetgewing in Hongkong en omdat Beijing verlede maand verkose opposisieleiers uit die wetgewer geskors het.

Die VSA se optrede word wyd beskou as deel van pres. Donald Trump se pogings om die nalatenskap van sy kragdadige beleid teenoor China te vestig. Dit is skynbaar ook daarop gemik om die nuutverkose president, Joe Biden, te dwing om ’n soortgelyke onverbiddelike standpunt teenoor China in neem te midde van ’n negatiewe sentiment jeens China onder Republikeine én Demokrate.

Die Amerikaanse regering het in Augustus sanksies ingestel teen Hongkong se uitvoerende hoof, Carrie Lam, en ander senior amptenare oor wat die VSA beskou as hul rol in die beperking van vryhede en die aanslag op voorstanders van demokrasie in dié streek. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.