Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
China laat vaar groeidoelwit vir 2020

China stel vir die eerste keer sedert 1990 nie ’n groeikoersdoelwit vir vanjaar nie.

Die Chinese ekonomie het in die eerste kwartaal met 6,8% gekrimp – die eerste inkrimping in dekades.

“Ons het nie ’n spesifieke mikpunt vir ekonomiese groei vir vanjaar gestel nie, hoofsaaklik weens die internasionale pandemie en die onsekerheid oor die ekonomie en die handelsituasie. China se ontwikkeling word deur ’n paar onvoorspelbare faktore in die gesig gestaar,” het premier Li Keqiang met die parlementsopening gesê.

Binnelandse verbruik en belegging, asook uitvoer, neem af. Die druk op indiensneming neem wesenlik toe en die fiskale risiko’s word groter, het hy gewaarsku.

Li sê in sy werkverslag die doelwit is om vanjaar meer as nege miljoen poste in stedelike gebiede te skep, laer as die mikpunt van minstens 11 miljoen in 2019 en die laagste sedert 2013.

China mik na ’n begrotingstekort van minstens 3,6% van die BBP, hoër as verlede jaar se 2,8%.

Li se stimuluspakket kom neer op sowat 4,1% van die Chinese BBP, volgens Reuters se berekeninge.

“Die begroting dui op fiskale stimulus vanjaar wat minstens gelykstaande sal wees aan dié in reaksie op die internasionale finansiële krisis,” skryf Julian Evans-Pritchard, senior Chinese ekonoom by Capital Economics, in ’n nota.

Nie Wen, ekonoom by die Hwabao Trust in Sjanghai, sê die werkverslag wat Li aan die parlement voorgelê het, dui daarop dat China “nie die massa-stimulusprogram sal aanpak waarop sommige markdeelnemers gewed het nie”.

Nie verwag dat die groei in bruto binnelandse produk (BBP) vanjaar skerp sal verlangsaam tot sowat 2% of 3% teenoor 2019 se 6,1%.

In ooreenstemming met die traer ekonomiese groei, styg besteding aan die weermag vanjaar met 6,6%, die laagste koers in drie dekades.

Li belowe dat die weermag, die grootste ter wêreld, nie slegter daaraan toe sal wees nie. Hy het egter gesê dat hulle groter hervormings in die weermag gaan instel en innoverende ontwikkeling van verdedigingsverwante wetenskap en tegnologie gaan bevorder. – Reuters


Meer oor:  Koronavirus  |  China  |  Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.