Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
China lei ‘dalk’ vlieëniers op vir aanvalle op Amerika

China se weermag lei “waarskynlik” sy vlieëniers op vir aanvalle teen Amerika en sy bondgenote, lui ’n verslag wat Donderdag deur die Pentagon bekendgemaak is.

Dié bevinding is deel van ’n jaarlikse verslag waarin China se pogings om sy globale invloed te versterk uitgelig word.

Die Pentagon beraam dat China in 2017 meer as $190 miljard aan sy verdediging bestee het.

“In die laaste drie jaar het die Chinese weermag sy bomwerperbedrywighede uitgebrei en sodoende ervaring opgedoen in kritieke kusgebiede,” lui die verslag.

China en Amerika is in ’n “handelsoorlog” betrokke weens verhoogde tariewe op verskeie produkte.

Luidens die verslag is dit nie duidelik watter boodskap China probeer uitstuur met sy vlugte wat “meer is as bloot ’n vertoning van sy verbeterde vermoëns” nie.

Die Chinese ambassade in Washington wou nie kommentaar lewer nie. - Reuters.

Meer oor:  China  |  Amerika  |  Oorlog  |  Handelsoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.