Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
China moet meer demokraties raak, dan sal Taiwan praat

China sal met grootskeepse demokratiese hervormings moet kom as daardie land sy dekades lange vyandigheid met Taiwan te bowe wil kom.

Só het pres. Tsai Ing-wen Saterdag in Taipei, hoofstad van Taiwan, gesê.

Pres. Xi Jinping van China. Foto: AFP/Getty Images/Johannes Eisele

Tsai het ’n beroep op Beijing gedoen om meer demokraties te raak en om die gebruik van alle militêre mag af te sweer as China enigsins ’n kans wil hê om die goedgesindheid en geneentheid van die Taiwannese oor te wen.

“Die ondoeltreffendheid van China se demokratiese stelsel, sy swak menseregterekord en die feit dat hulle nooit militêre mag teen Taiwan afgesweer het nie, het ’n hoë mate van kommer onder die mense van Taiwan veroorsaak,” het Tsai gesê.

Pres. Xi Jinping van China het Woensdag aangebied om te begin met eenheidsgesprekke met enige party of individu “wat Taiwan as deel van China aanvaar”. Beide Tsai en Kuomintang (KMT), die China-vriendelike opposisieparty, het Xi se voorstel verwerp en gesê sy “een land, twee stelsels”-raamwerk skort steun in Taiwan.

Die Cross-Strait Policy Association het in ’n meningsopname bevind dat 80 persent van mense in Taiwan nie China se definisie aanvaar van die “1992-konsensus” nie, het die Central News Agency Donderdag in Taipei berig. Dié konsensus is ’n stilswyende instemming tussen Beijing en die KMT dat beide kante van die Straat van Taiwan tot “een China” behoort, met elke kant wat dit kan vertolk soos hy wil.

“In ’n tyd waarin ons pogings uitgeput raak om provokasie en waninligting te voorkom, help China se optrede niks en is dit strydig met demokratiese praktyke,” het Tsai gesê.

Sy sê Taipei is bereid om met die regering in Beijing in gesprek te tree as China vooraf geen voorwaardes stel nie. - Bloomberg

Meer oor:  China  |  Taiwan  |  Politek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.