Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
China spot VSA oor skenking van 80 buisies entstof

Amerika wat aandag wou vestig op sy skenking van 80 buisies entstof teen die koronavirus, kan dalk die prys vir die flouste gebaar in openbare betrekkinge van die jaar wen, meen die Chinese staatsmedia.

Dít was een van die kwinkslae wat deur Chinese staatsmedia, Xinhua News, kwytgeraak is nadat die Amerikaanse ambassade in Port of Spain ’n kennisgewing op Twitter geplaas het oor hul skenking van 80 buisies van die entstof aan Trinidad en Tobago, wat ’n bevolking van ongeveer 1,4 miljoen mense het.

Een buisie entstof bevat gewoonlik vyf of ses dosisse.

In die verklaring van Maandag het die Amerikaanse ambassade gesê “ons glo dat elke entstof tel”.

Ook die Global Times en China Daily het op die skenking reageer.

Beijing sowel as Washington probeer om die voortou te neem met welwillendheid deur beloftes van entstof-aflewerings aan desperate regerings te maak te midde ’n wêreldwye tekort aan entstowwe.

Hoewel Amerika onlangs hul uitgebreide pogings aangekondig het, het China ’n voorsprong met die skenking van hul plaaslik vervaardigde entstowwe aan ontwikkelende lande.

Pres. Joe Biden het verlede week gesê benewens die 80 miljoen dosisse wat hy reeds belowe het om teen einde Junie te skenk, sal Amerika ’n halfmiljard dosisse van die Pfizer-entstof aan die wêreld se armste lande skenk.

China het in Mei 100 000 dosisse van hul Sinopharm-entstof aan Trinidad en Tobago geskenk.

Beijing het nie ’n algehele getal van sy skenkings van entstowwe bekend gemaak nie, maar volgens Reuters se raming, wat geskoei is op openbare beskikbare data, is ten minste 16,82 miljoen dosisse teen vroeg Junie reeds afgelewer. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.