Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Chinese vliegtuie bo Taiwan ‘is boodskap vir VSA’

China sal nie die inmenging van enige buitelandse magte in kwessies rakende Taiwan duld nie en sal sterk antwoord op enige sodanige “samespanning”.

Dié sterk bewoorde antwoord van China kom nadat 28 Chinese lugmagvliegtuie – onder meer vegvliegtuie en bomwerpers met kernbomme aan boord – Dinsdag Taiwan se lugruim geskend het.

’n Chinese PLA-J16-vegvliegtuig. 14 van dié vliegtuie en nog 14 ander vliegtuie het Dinsdag na Tawain gevlieg in ’n magsvertoon. Die foto is deur die Taiwannese departement van verdediging uitgereik. Foto: AP

Die kom nadat die leiers van die G7-lande China Sondag in ’n verklaring geroskam het oor onder meer menseregteskendings en ander kwessies wat die belang van vrede en stabiliteit in die Straat van Taiwan beklemtoon het.

China het dié opmerkings van die G7-leiersberaad as “laster” afgemaak.

Ma Xiaoguang, woordvoerder vir China se kantoor vir Taiwannese betrekkinge, het op ’n mediakonferensie op die vraag of die militêre stappe in verband gebring kan word met die G7-verklaring, gesê Taiwan se regering moet die skuld kry vir die spanning tussen die twee lande.

Volgens China werk Taiwan saam met buitelandse regerings om sy formele onafhanklikheid van China te bekom.

“Ons sal nooit enige pogings om onafhanklikheid of kwaadwillige inmenging deur buitelandse magte in die Taiwan-kwessie duld nie,” het Ma gesê.

Die demokraties beheerde Taiwan het die afgelope paar maande gereeld gekla dat China se lugmag telkens naby die eiland beweeg, veral in die suidelike deel van sy lugveiligheidsone naby die Pratas-eilande wat onder Taiwan se beheer is.

Die Chinese verbyvlug Dinsdag was op dieselfde dag dat skepe van die Amerikaanse vloot onder leiding van die vliegdekskip die USS Ronald Reagan die Suid-Chinese See ingevaar het.

Volgens die Amerikaanse vloot was daar geen interaksie tussen hom en die Chinese vliegtuie nie.

’n Senior amptenaar wat bekend is met Taiwan se sekerheidsbeplanning het aan Reuters gesê amptenare is van mening dat China ’n boodskap aan Amerika wou stuur omdat die Amerikaanse skepe gevaar het deur die Bashi-kanaal – wat Taiwan van die Filippyne skei en na die Suid-Chinese See lei.

“Dit is strategiese intimidasie van die Amerikaanse weermag. Die Chinese wou hê Amerika moet hul vermoëns sien en dat Amerika sy optrede beperk.”

Daar is twee groot lugmagbasisse aan die Taiwannese ooskus gebou juis in geval van ’n Chinese aanval. – Reuters

Meer oor:  China  |  Taiwan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.