Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Christchurch: Franse Moslems vat Facebook, YouTube hof toe

Die Franse Raad van die Moslemgeloof (CFCM), wat baie Moslems in Frankryk verteenwoordig, het Maandag gesê hy gaan Facebook en YouTube hof toe vat nadat die aanval op twee moskees in Nieu-Seeland op dié platforms uitgesaai is.

'n Nagwaak vroeër vir die Christchurch-slagoffers. Foto: Sumaya Hisham/Facebook

Die aanvaller het die menseslagting 17 minute lank regstreeks op sy Facebookblad gebeeldsend.

’n Paar uur ná die aanval was daar steeds video’s daarvan op Facebook, Twitter, YouTube, Instagram en WhatsApp.

Abdallah Zekri van die CFCM het die amptelike klag teen die Franse afdeling van die twee maatskappye bevestig, berig Reuters.

Die klag is dat hulle “ ’n boodskap uitgesaai het met ’n gewelddadige inhoud wat terrorisme aanhits, of van ’n aard is wat waarskynlik mense se waardigheid ernstig sal aantas en wat moontlik deur minderjariges gesien kon word”.

In Frankryk kan ’n skuldigbevinding op dié aanklagte tot drie jaar tronkstraf en ’n boete van 75 000 lei, berig The Guardian.

Facebook sê hy het die regstreekse video vinnig verwyder, maar opnames daarvan is baie wyd op YouTube en Twitter versprei.



Meer oor:  Christchurch-Aanvalle  |  Moskee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.