Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Christene uit Gaza nie welkom in Israel in Kerstyd

https://www.reuters.com/article/us-israel-palestinians-gaza-christmas/israel-bars-gazas-christians-from-visiting-bethlehem-and-jerusalem-at-christmas-idUSKBN1YG2E9

Christene in die Gazastrook sal nie vanjaar in die Kerstyd toegelaat word om Betlehem, Jerusalem en Nasaret te besoek waar Jesus volgens die Bybel gebore is, gewoon het en gekruisig is nie.

Hulle sal wel permitte kry om in die buiteland te reis, maar nie in Israel en die Wesoewer, waar daar baie plekke is wat heilig vir Christene is nie, het ’n woordvoerder van Israel se militêre onderhandelingspan met die Palestyne gesê.

Daar is net sowat 1 000 Christene in Gaza, van wie die meeste Grieks-Ortodoks is.

Gewoonlik kry dié mense toestemming om die heilige stede te besoek, maar vanjaar word dit weens “veiligheidsredes” weerhou.

Israel het ook in die verlede gesê baie Palestyne wat korttermynpermitte kry om na die Wesoewer te gaan, bly onwettig daar agter en gaan nie terug Gaza toe nie.

Christen-leiers in Jerusalem het die besluit veroordeel en gesê hulle sal ’n beroep op die Israelse regering doen om dit te heroorweeg.

“Mense van oor die hele wêreld word toegelaat om na Bethlehem te reis. Ons dink die Christene van Gaza moet ook die reg hê,” het Wadie Abu Nassar, ’n raadgewer van plaaslike kerkleiers, gesê. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.