Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Cliff Richard wen eis teen BBC

Sir Cliff Richard het sy hofsaak oor die skending van sy privaatheid teen die BBC gewen.

Sir Cliff Richard bedank sy ondersteuners nadat hy sy geskiedkundige hofsaak teen die BBC gewen het. Foto: Reuters

’n Televisiespan van die BBC het in 2014 ’n polisieklopjag op sy huis regstreeks uitgesaai, berig die Daily Mail.

Die klopjag is uitgevoer as deel van ’n ondersoek nadat ’n man beweer het die sanger het hom seksueel aangerand.

Die hof het beveel dat Richard £210 000 (sowat R3,6 miljoen) betaal word vir skadevergoeding. Die regter het ook beveel dat die sanger geregtig is op meer geld, waarvan die bedrag later bepaal sal word.

Ná die uitspraak het Richard sy vriende, familielede en sy regspan omhels.

“Ek kan dit nie glo nie, dis wonderlike nuus,” het hy gesê.

Volgens die Daily Mail het die polisie in 2017 in ’n skikking buite die hof ingestem om hom £400 000 (net minder as R7 miljoen) te betaal.

Die regter het bevind die BBC het Richard se privaatheid op ’n “ernstige en sensasionele” manier geskend, berig die BBC. £20 000 is vir verswarende skadevergoeding nadat die BBC dié opname vir ’n kompetisie vir “scoop van die jaar” ingeskryf het.

Die BBC se nuushoof, Fran Unsworth, het gesê die uitspraak is ’n “dramatiese verskuiwing teen persvryheid”.

Meer oor:  Bbc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.