Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Colo, die oudste gorilla, dood
Colo op haar 60ste verjaarsdagpartytjie in Desember. Foto: AP

Die oudste gorilla wat sover bekend is en die oudste van haar spesie wat in aanhouding gebore is, is in die ouderdom van 60 jaar in ’n Amerikaanse dieretuin dood.

Colo is Dinsdagaand in haar slaap by die Columbus-dieretuin en akwarium in die deelstaat Ohio dood, nadat sy vroeër die dag nog besoekers aan die dieretuin vermaak het.

Sy is in Desember 1956 in die dieretuin gebore, en het twee dekades langer gelewe as wat van gorillas verwag word.

Colo, ’n westerse laeveld gorilla, het drie kleintjies gehad, wat op hul beurt nog 26 kleintjies gehad het.

Die dieretuin het in ’n verklaring gesê sy was ’n “ambassadeur vir gorillas en het mense geïnspireer om meer oor dié kritiek bedreigde spesie te leer”.

Meer oor:  Vsa  |  Ohio  |  Gorilla  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.