Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Cosby moet registreer as ’n seksoortreder
Bill Cosby

Die akteur Bill Cosby sal op 24 September gevonnis word bykans vyf maande nadat hy aan seksuele aanranding skuldig bevind is.

Cosby word in Julie 81 jaar oud en die moontlikheid bestaan dat hy die res van sy lewe agter tralies sal deurbring.

Sy regsverteenwoordigers het regter Steven O’Neill gevra om die vonnisoplegging tot die einde van die jaar uit te stel.

Cosby se skuldigbevinding op drie aanklagte van seksuele aanranding sal na verwagting saamgevoeg word wat ’n standaardvonnis van vyf tot tien jaar beteken.

Cosby se woordvoerder het nie onmiddellik gereageer op versoeke om kommentaar nie.

Die akteur sal voor die vonnisoplegging geëvalueer word om vas te stel of hy ’n gewelddadige seksuele predator is.

Hy sal ook verplig word om as ’n seksoortreder te registreer. – Reuters, AP

Meer oor:  Bill Cosby  |  Seksuele Aanranding  |  Seksoortreder  |  Vermaak  |  Registreer  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.