Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Covid-19: Variante maak amok in buiteland

Turkye ervaar hoogste styging nóg

Turkye het in die afgelope 24 uur 52 676 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken.

Fahrettin Koca, minister van gesondheid, het Maandag bevestig die skielike styging oor die naweek is die hoogste wat die land nog ervaar het.

Koca het bevestig 85% van die nuwe gevalle is die eerste variant van die virus wat in Brittanje identifiseer is.

Druk neem toe op Brasiliese president

Brasilië het Maandag 1 480 sterftes aangemeld.

Die land se dodetal is nou meer as 354 000 en 13,5 miljoen kumulatiewe gevalle is aangeteken.

Die gevalle plaas al hoe meer druk op pres. Jair Bolsonaro en burgers bevraagteken die wyse waarop die regering die uitbreking van die tweede vlaag van die virus in die land hanteer het.

Reuters berig die land se senaat gaan binnekort ’n spesiale komitee aanstel om die regering se bestuurstyl te midde die pandemie te ondersoek. Daar is besware oor Bolsonaro se gesindheid teenoor die virus, dat hy die ernstigheid daarvan afgewater het, vasgeskop het teen inperkingsregulasies en eers onlangs entstowwe as oplossing oorweeg het. – Reuters

Verslapte regulasies in VSA lei tot styging in gevalle

Amerika het vir ’n vierde week ná mekaar ’n styging in sy getal positiewe gevalle van Covid-19 aangeteken.

Die regering het Maandag aangekondig dat hulle verlede week ’n 8%-styging ervaar het en staan nou op 490 000 gevalle.

Die hoogste getal nuwe gevalle uit al 50 deelstate is in Michigan aangeteken. Hier het ook die meeste hospitalisasies voorgekom.

Data dui daarop dat 39% van die nuwe gevalle in Michigan van die B.1.1.7-variant is, wat die eerste keer in Brittanje voorgekom het.

Die skielike styging van gevalle in die deelstaat volg kort nadat inperkingsregulasies vroeg in Maart verslap is.

Volgens Rochelle Walensky van die Amerikaanse sentrums vir infeksiebeheer en voorkoming, dui alle data daarop dat die enigste manier om ’n daling in gevalle te bewerkstellig sal behels om strenger inperkingsmaatreëls of ’n totale inperking in te stel.

“Ons moet alles toe maak – onsself inperk en teruggaan na waar ons verlede lente en somer was met ons inperkingsregulasies,” sê sy. – Reuters

Brittanje fokus eerder op ouderdom

Brittanje begin eersdaags om mense ouer as 50 jaar in te ent.

Die land se doelstelling is om teen 15 April alle mense in hul nege prioriteitsgroepe klaar ingeënt te hê. Hierdie nege groepe sluit mense van ouer as 50 jaar, mense met kliniese siektes, en gesondheids- en welsynswerkers in.

Die departement van gesondheid het bevestig alle mense in hierdie groepe het al minstens een dosis van die entstof ontvang.

Boris Johnson, Britse premier, het in ’n verklaring bevestig dat hul eers die tweede dosis van die inentings met hierdie groepe sal voltooi en daarna sal voortgaan om die res van die volwassenes in te ent. Hul doelstelling is om alle volwassenes in die land teen die einde van Julie ingeënt te hê.

Die land het voorheen bevestig dat hul inentingsproses meer gefokus sal wees op ouderdomsgroepe as op mense van sekere beroepe.  – Reuters

Meer oor:  Covid-19-Variante  |  Koronavirus  |  Buiteland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.