Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Covid-getalle in VSA styg steeds wild

Die dodetal in Amerika weens die Covid-19-pandemie het Vrydag tot 263 454 gestyg, terwyl daar nou 12 883 255 kumulatiewe gevalle aangemeld is.

CNN berig daar is Donderdag op Dankseggingsdag meer as 1 200 sterftes aangemeld. Dit was ook die 24ste dag in 'n ry wat daar meer as 100 000 nuwe gevalle aangemeld is.

CNN gebruik data van The Covid Tracking Project.

ABC News berig kenners waarsku daarteen om nou al te veel in die data voor volgende week te lees, want die feestyd sal moontlik ’n katalisator vir die virus wees.

Die kommerwekkende syfers is aangedui terwyl miljoene Amerikaners amptelike vermanings teen reis en byeenkomste vir Dankseggingsdag verontagsaam het.

Wêreldwyd is die dodetal nou meer as 1,4 miljoen. 

Italië het die 1,5 miljoen-merk vir kumulatiewe gevalle oorgesteek, terwyl Rwanda die hoogste getal nuwe gevalle sedert September aangemeld het.

Indië toon ’n hoë nuwe infeksiekoers met 43 632 gevalle daagliks en Brasilië 31 779.

delware, koronavirus
'n Paartjie met maskers op is op Dankseggingsdag by Rehoboth-strand in die Amerikaanse deelstaat Delaware afgeneem. Foto: Reuters

Meer oor:  Amerika  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.