Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Covid-reaksie in VK ’n ramp, sê Boris

Boris Johnson, Brittanje se premier, het Maandag toegegee die land se reaksie op die Covid-19-pandemie was ’n “ramp”.

“Dit was ’n absolute nagmerrie en het die hele land geskok gelaat,” het hy aan Times Radio gesê.

Johnson, wat self die virus opgedoen het, het gesê die regering is dit verskuldig aan diegene wat gesterf of gely het om te bepaal presies “wat skeefgeloop het en wanneer”.

“Ek begryp dit en ons sal. Maar ek dink net nie . . . dis nie nou al die aangewese oomblik om baie amptelike tyd daaraan af te staan nie.”

Keir Starmer, leier van die Arbeidersparty, het gesê Johnson het heeltemal te stadig gereageer.

“Ek dink die premier was aan die slaap. Hy was stadig en die kommunikasie was baie swak. Hulle het nie genoeg voorbereiding gedoen oor toetsing, isolering en die opsporing van draers se kontakte nie.” – Reuters

Meer oor:  Boris Johnson  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.