Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Cyril spreek Europese parlement toe

Pres. Cyril Ramaphosa sal Woensdag die Europese parlement in Straatsburg, Frankryk, toespreek en daarna na België reis vir ’n vergadering Donderdag met die Europese Unie (EU).

Hy sal in Straatsburg ook gesprekke voer met onder andere Antonio Tajani, dié parlement se president, het Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maandag op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.

Ná Straatsburg sal Ramaphosa na België reis om dié land se koning, Philippe, asook Charles Michel, die Belgiese premier, te ontmoet.

Geert Bourgeois, minister-president van Vlaandere, sal hierna ’n hoflikheidsbesoek aan die Suid-Afrikaanse staatshoof bring.

Volgens Sisulu sal Ramaphosa Donderdag die sewende Suid-Afrika-EU-beraad bywoon. Hy, Donald Tusk, president van die Europese Raad, en Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, sal die gesamentlike voorsitters wees.

Suid-Afrika is die enigste land in Afrika wat ’n strategiese vennootskap met die EU het.

Hierna sal die president na Addis Ababa, Ethiopië, vertrek vir ’n vergadering van die Afrika-Unie wat die naweek daar plaasvind, sê Sisulu.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Frankryk  |  Strasbourg  |  Toespraak  |  Eu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.