Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Danksegging: Bly tuis, smeek Fauci, Biden

Die VSA se voorste kenner van oordraagbare siektes het Amerikaners Donderdag aangemoedig om “nou op te offer om lewens te spaar” deur nie Dankseggingsdagvierings by te woon nie.

Dr. Anthony Fauci het Woensdagoggend op ABC se program Good Morning America gesê mense moet binnenshuise byeenkomste “so klein as moontlik hou”.

“Ons weet almal hoe moeilik dit is omdat dit so ’n lieflike tradisionele vakansie is. Maar deur hierdie opoffering te maak, gaan ons infeksies voorkom,” sê hy.

Jonathan Reiner, ’n professor in medisyne aan die George Washington-universiteit, het aan CNN gesê Danksegging “is potensieel die moeder van alle superverspreider-gebeurtenisse”.

Dr. Anthony Fauci. Foto: Getty Images

Hy sê hulle vermoed een van die maniere waarop die koronavirus in die Midde-Weste versprei is, was deur die motorfietssaamtrek in Sturgis, Suid-Dakota, in Augustus. “Stel jou nou so ’n situasie op ’n massiewe skaal voor met geïnfekteerde mense wat (vir Dankseggingsdag) vertrek van elke lughawe in Amerika,” het hy volgens The Guardian gesê.

Meer as 2 100 mense is Dinsdag in Amerika aan Covid-19 dood – die hoogste dodetal in Amerika sedert Mei – wat die Amerikaanse sterftesyfer bykans op 260 000 te staan bring, volgens die Johns Hopkins-koronavirussentrum.

Daar is tans meer as 88 000 Amerikaners in hospitale landwyd met Covid-19.

“Die opoffering nou kan lewens spaar en keer dat mense siek word. Dit kan ’n beter toekoms skep namate ons hierdeur kom, want ons sal hierdeur kom. ’n Entstof wink op die horison,” het Fauci gesê.

Joe Biden, die aangewese Amerikaanse president, het in ’n Dankseggingstoespraak gesê sy familie vier dié dag vanjaar afsonderlik – “omdat ons omgee vir mekaar”.

“Ek weet hoe moeilik dit is om af te wyk van familietradisies, maar dit is uiters belangrik. Ons land is in die middel van ’n dramatiese styging in gevalle.

“Ek weet mense is moeg vir die stryd. Maar ons moet onthou ons is in ’n oorlog gewikkel met die virus, nie met mekaar nie,” het hy volgens The New York Times gesê.

Meer oor:  Joe Biden  |  Anthony Fauci  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Coronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.