Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Demokrate gaan nie nou al stem oor Trump-ondersoek
Nancy Pelosi
Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, Dinsdagaand op 'n nuuskonferensie in Washington. Foto: Reuters

Ten spyte van druk deur die Withuis dat die huis van verteenwoordigers in die Amerikaanse kongres amptelik moet stem of ’n ondersoek na die moontlikheid om pres. Donald Trump in ’n staat van beskuldiging te plaas nodig is, het Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, aangekondig die huis beplan nie om in hierdie stadium daaroor stem nie, berig Reuters.

Die ondersoek gaan intussen voort, maar sonder die samewerking van die Withuis.

Sou die meerderheid van die huis ten gunste van die ondersoek stem het die ondersoek meer mag om dagvaardings aan getuies uit te reik en dokumente te bekom.

“Daar is geen vereiste dat ons moet stem nie. So, ons sal dus nie daaroor stem nie,” het Pelosi Dinsdagaand op ’n nuuskonferensie gesê nadat sy en die Demokrate agter geslote deure oor dié besluit vergader het.

NBC News berig ’n formele stemmery sou die Withuis dwing om sy samewerking vir die huis te gee.

Drie komitees in die kongres is deel van die paneel wat die ondersoek doen, en soos USA Today berig behaal Pelosi en die Demokrate tot dusver sukses om toegang te kry tot getuies en dokumente.

Die ondersoek spruit voort uit beweringe deur ’n fluitjieblaser wat in September na vore gekom het en gesê het Trump het sy mag misbruik deur druk op pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne te plaas om in die 2020- presidensiële verkiesing in te meng.

Trump ontken dat hy in Julie enigiets verkeerd gedoen het in sy telefoniese versoek dat Oekraïne Joe Biden, in hierdie stadium die Demokrate se voorste presidentskandidaat, en sy seun, Hunter ondersoek.

Hunter het belange in ’n energiemaatskappy in Oekraïne.

Hunter het die naweek in ’n eksklusiewe onderhoud met ABC News gesê die enigste fout wat hy begaan het was om onetiese mense ’n gaping te gee om hul kloue in sy pa in te slaan.

Meer oor:  Washington  |  Trump  |  Staat Van Beskuldiging  |  Oekraïne  |  Joe Biden
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.