Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Trump: Pence sê nee, maar Demokrate stoom voort

Die huis van verteenwoordigers in die Amerikaanse kongres het vroeg Woensdagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) ten gunste van 'n resolusie gestem dat pres. Donald Trump ingevolge die 25ste wysiging aan die Amerikaanse grondwet uit sy amp verwyder moet word.

Ingevolge die resolusie vra die demokrate dat Mike Pence, visepresident, onmiddellik sy magte ingevolge die wysiging gebruik om die hoofamptenare van regeringsdepartemente in die kabinet "saam te roep en te mobiliseer om te verklaar wat voor die hand liggend is vir 'n nasie wat met afgryse gevul is: Dat die president nie daartoe in staat is om sy pligte suksesvol uit te voer nie."

Pence het vroeër die dag die versoek deur Nancy Pelosi, speaker van die huis van verteenwoordigers, in 'n brief verwerp.

Die resolusie is 'n simboliese teregwysing deur politici wat woedend en in skok is oor die dodelike aanval verlede week op die kongresgebou in Washington, berig CNN.

'n Groot groep van Trump se ondersteuners wou verlede Woensdag die uitslag van die presidentsverkiesing laat omkeer.

Die Demokrate in die huis van verteenwoordigers gaan nou stem om Trump vir 'n tweede keer in 'n staat van beskuldiging te plaas op aanklagte dat hy die opstand deur die betogers aangemoedig het deur aan te voer die presidentskap is by hom gesteel.

Die Demokrate beplan om later Woensdag hieroor te stem.

trump
Pres. Donald Trump praat op 'n byeenkoms voordat die kongresgebou verlede Woensdag deur sy ondersteuners bestorm is. Foto: Reuters

Meer oor:  Trump  |  Biden  |  Amerikaanse Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.