Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
'Diana en Dodi sou nooit trou nie'
Dodi Fayed, dalk net ’n “somerromanse”.Foto: Getty

Diana, prinses van Wallis, se romanse met die stralejakker Dodi Fayed sou nie op ’n huwelik uitgeloop het nie, sê Michael Gibbins, haar private sekretaris.

The Sun berig Gibbins het gesê die verhouding sou nog net ’n paar weke gehou het. Fayed was volgens hom ’n tydelike vriend om ’n sonnige vakansie mee te geniet.

Gibbins meen as die somer verby was, sou dit ook die einde van die verhouding gewees het. Die twee is dood in ’n motorongeluk in Parys, Frankryk.

Oor allerlei gerugte dat Diana swanger was met Fayed se kind – en selfs dat die twee al ’n verloofring gaan uitsoek het, sê Gibbins hy glo dit nie vir ’n oomblik nie.

Die Daily Mail berig dit is die eerste keer dat Gibbins openlik praat oor Diana sedert hy in die geregtelike ondersoek ná haar dood getuig het.

Gibbins sê ook hy was in die stadium net ná Diana se dood verbaas dat die Britse koningsgesin nié uit hul Balmoral-kasteel gekom het nie. Die vermoede is dat hulle nie besef het hoe dramaties mense in Londen gereageer het op Diana se dood nie.

The Independent het ook na Gibbins se onderhoud met The Sun verwys en gesê Diana en Fayed het twee vakansies saam op sy seilboot deurgebring, voordat hulle op 31 Augustus 1997 dood is.

Meer oor:  Diana  |  Huwelik  |  Prinses Van Wallis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.