Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dié neute is nie eens geskik vir ’n hond, sê president

Die neute “was nie geskik vir ’n hond nie, wat nog te sê ’n mens!” Dié uitbarsting oor kasjoeneute op ’n vlug van SriLankan Airlines kom van die land se president, Maithripala Sirisena. 

Volgens die BBC was Sirisena op ’n vlug van Katmandoe in Nepal op pad na Colombo, Sri Lanka se hoofstad, toe hy die aanstootlike neute teëgekom het.

Maithripala Sirisena, president van Sri Lanka, het sy neus opgetrek vir kasjoeneute wat op ’n vlug van die nasionale lugdiens voorgesit is.Foto: Getty Images

Hy het op ’n boere-geleentheid in die suide van Sri Lanka na die ervaring verwys.

“Wié het dié kasjoeneute goedgekeur? Wié is daarvoor verantwoordelik?” het Sirisena verontwaardig gevra sonder om te sê wat fout met die neute was, berig Sri Lanka se

Sunday Times.

Die lugdiens, wat egter groter probleme as net ’n paar kasjoeneute het, het nog nie ’n woord oor die voorval gerep nie. Hy het ’n skuldlas van minstens R15 miljard en die afgelope jaar volhard bewerings van korrupsie by die lugdiens. ’n Spesiale presidensiële kommissie is aangestel om ondersoek in te stel.

Dit is egter nie die eerste keer dat ’n pakkie neute op ’n vliegtuig ’n opskudding veroorsaak nie.

Die SriLankan Airways het nog nie op die president se kritiek gereageer nie. Foto: Getty Images

Vier jaar gelede het ’n uitvoerende beampte van Korean Air ’n vliegtuig na die hek laat terugdraai toe ’n lugwaardin ’n pakkie makadamianeute in ’n pakkie eerder as op ’n bord voorgesit het. 

Kasjoeneute moet gerooster of gekook word voordat honde dit as ’n bederfie so nou en dan kan geniet. Foto: Getty Images

Heather Tsjo, dogter van die lugdiens se baas, Tsjo Jang-ho, wat so kwaai was oor die neute, is later skuldig bevind daaraan dat sy vlugveiligheidsmaatreëls oortree het. Sy was ’n paar maande in die tronk voordat haar vonnis op appèl opgeskort is.

Kasjoeneute kom van die boom

Anacardium occidentale, en is inheems aan Brasilië. Volgens nuts.com is kasjoeneute ryk aan sogenaamde gesonde vette, maar is dit gesond vir honde?

Volgens

wagthedoguk.com is die meeste neute taboe vir honde. Maar ’n bederfie kasjoeneute so nou en dan is in die haak.

“Te veel daarvan kan egter maagpyn veroorsaak, en maak seker die neute is gekook of gerooster want rou kasjoeneute bevat ’n toksiene wat deur hoë temperatuur uitgeskakel word,” aldus die webtuiste.

Meer oor:  Vlug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.