Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Diego Maradona sterf

Die legendariese Argentynse sokkerster Diego Maradona (60) is dood nadat hy 'n hartaanval gehad het, word pas berig.

Hy is vroeër vandeesmaand geopereer om 'n bloedklont op die brein te verwyder.

Hy sou ná die operasie vir alkoholverslawing behandel word, berig die BBC.

Maradona is een van wêreld se die beste sokkerspelers ooit en was kaptein en ster van die Argentynse span toe hulle die Wêreldbeker in 1986 verower het.

Dié is 'n ontwikkelende storie.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.