Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dirco: SA’ners moet self besluit of hulle in Iran wil bly

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) weet nie hoeveel Suid-Afrikaners tans in Iran of Irak is nie, maar raai Suid-Afrikaners aan om self die situasie te monitor en daarvolgens te besluit of hulle wil bly of vlug.

So het Clayson Monyela, Dirco-woordvoerder, Woensdag op navraag aan Netwerk24 gesê nadat Iran vroeg Woensdagoggend minstens 15 missiele op twee Amerikaanse weermagbasisse in Irak afgevuur het.

Iran het die Amerikaanse weermagbasisse aangeval nadat Amerika Vrydag ’n lugaanval in Bagdad, Irak, geloods het, waarin genl.maj. Kassem Soleimani, Iran se top weermagbevelvoerder, dood is.

Iran het ná die aanval wraak gesweer.

“Ons raai Suid-Afrikaners wat moontlik in daardie lande werk of leef aan om self te besluit of hulle wil bly of huis toe te kom nadat hulle die veiligheid van die situasie in ag geneem het,” sê Monyela.

Hy sê Dirco kan nie tans met sekerheid sê hoeveel Suid-Afrikaners in Iran of Irak is nie omdat Suid-Afrikaners nie altyd hul betrokke ambassade inlig wanneer hulle reis nie.

“Dirco moedig Suid-Afrikaners wat oorsee reis aan om by ons te registreer of die ambassades in die betrokke lande in te lig wanneer hulle daar aankom. Almal lig ons egter nie in nie wat maak dat ons nie betroubare statistiek het nie.”

Dirco het vroeër die week gesê die Suid-Afrikaanse regering is verontrus deur die situasie in Irak.

“Die situasie hou nie net gevolge vir die Midde-Ooste in nie, maar ook vir internasionale vrede en veiligheid.”

Dr. Naledi Pandor sê dit is belangrik dat albei kante kalm moet bly en hulself daarvan weerhou om verder tot aksie oor te gaan.

“Suid-Afrika wil benadruk dat ons glo konflik moet deur politieke dialoog opgelos word en nie deur geweld nie,” sê Pandor.

iran, amerika, oorlog
'n Man in Teheran waai die vlag van Iran, nadat weermagbasisse in Irak waar Amerikaanse soldate gestasioneer is in die vroeë oggendure van Woensdag gebombardeer is. Foto: Reuters

Meer oor:  Dirco  |  Politiek  |  Amerika  |  Oorlog  |  Iran
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.