Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dis alles ‘donker magte’ se skuld, sê Zim-president

“Donker magte binne en buite die land” is die rede vir die jongste krisis in Zimbabwe, meen pres. Emmerson Mnangagwa.

Hy het Dinsdagoggend in ’n televisieboodskap aan Zimbabwiërs gesê dié “donker magte” – wat hy nie by name genoem het nie – meng hulle al te lank by Zimbabwe se sake in.

Pres. Emmerson Mnangagwa Foto: Getty Images

Sanksies deur Westerse lande, asook ’n “verdelende opposisie” dra tot die verslegtende situasie by, het hy gesê en na hulle as “destruktiewe terroriste-opposisiegroeperings” verwys.

Volgens Mnangagwa is hulle “Zimbabwiese skurke” wat met buitelanders saamwerk om die land te destabiliseer.

Zimbabwe bevind hom tans in ’n baie erge finansiële krisis. Betogings teen die regering – onder meer oor korrupsie – is die laaste paar dae opnuut gewelddadig deur die polisie en die weermag onderdruk.

Tientalle mense is in hegtenis geneem en die optrede teen die betogers is wyd veroordeel. Die Suid-Afrikaanse regering het egter nog geen woord daaroor gerep nie.

Ons sal die aanvalle op ons afweer en die bloei van die ekonomie stop. Ons sal die pogings om ons gemeenskap te destabiliseer oorkom.

Die regerende Zanu-PF-party en die ANC is al sedert beide lande se bevrydingstryde bondgenote.

Meer as 100 van Afrika se voorste skrywers het ’n beroep op die Afrika-Unie (AU) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gedoen om by Zimbabwe in te gryp, berig Al-Jazeera.

Suid-Afrika is tans die AU-voorsitter.

Amnestie Internasionaal het ook die optrede teen die betogers veroordeel.

Tendai Biti, adjunkpresident van die opposisie-MDC, het aan EWN gesê Zimbabwe is op ’n kantelpunt.

Hy het gesê verskeie MDC-leiers kruip tans weg.

Ons moet nou te midde van die moeilike tye, wat siklone, droogtes, sanksies en nou ook die Covid-19-pandemie insluit, die bestaande geleenthede met optimisme en vasberadenheid aangryp om die ekonomie te laat groei, te hervorm en te herbou.

Op sy beurt het die Kommunistiese Party van Zimbabwe in ’n verklaring gewaarsku dat Zimbabwiërs daarteen moet waak om dieselfde fout as in November 2017 te maak toe wyle oudpres. Robert Mugabe in ’n militêre staatsgreep uit die kussings gelig is.

Die party waarsku die massas moenie weer misbruik word om die belange van ’n bepaalde faksie binne Zanu-PF te bevorder nie. “Ons moet keer dat dit gebeur,” sê die party.

Mnangagwa het in sy televisieboodskap benadruk dat Zimbabwe nie in twee geskeur mag word nie. “Dit is van kritieke belang dat vrede en stabiliteit behoue bly. Nou is die tyd dat ons as een nasie en ’n verenigde land vorentoe kyk,” het hy gesê.

“Ons sal die aanvalle op ons afweer en die bloei van die ekonomie stop. Ons sal die pogings om ons gemeenskap te destabiliseer oorkom.”

Hy het gesê die oppergesag van die reg en die demokrasie is van die allergrootste belang vir Zimbabwe.

Die inwoners se regte sal beskerm word en hy glo die land het steeds ’n belowende toekoms.

“Ons moet nou te midde van die moeilike tye, wat siklone, droogtes, sanksies en nou ook die Covid-19-pandemie insluit, die bestaande geleenthede met optimisme en vasberadenheid aangryp om die ekonomie te laat groei, te hervorm en te herbou.”

Dinsdagoggend het Julius Malema, EFF-leier, op Twitter gesê die Zimbabwiese ambassade in Suid-Afrika moet gesluit word totdat menseregte in Zimbabwe herstel is. Malema, wat noue bande met Mugabe gehad het, het Mnangagwa se regering skerp gekritiseer oor sy besluit om wit kommersiële boere te vergoed vir hul grond wat in die laaste 20 jaar afgeneem is.

Daar is tans steeds groot opeenhopings by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe naby Musina in die noorde van Limpopo.

Die land se aandelebeurs het Maandag die eerste keer sedert Junie weer handel gedryf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.