Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodelike koronavirus versprei na Amerika

Die dodelike virus wat in Sentraal-China uitgebreek het, is besig om al hoe vinniger te versprei met die eerste geval wat in Washington, Amerika, aangemeld is en ook in Macao, ’n gewilde toeristebestemming wat as die “Las Vegas van Asië” beskryf word.

Die nuwe virusstam, wat as 2019-nCoV bekend staan, word deur menslike kontak versprei. Dit kan longontsteking veroorsaak met simptome wat koors en moeilike asemhaling insluit.

Dit het nou reeds die lewe van nege mense geëis en daar is nou 440 bevestigde gevalle van mense wat die virus opgedoen het.

Coronavirus
Die Coronavirus. Foto: WikiMedia Commons

Die owerhede in die dobbelmekka Macau aan die suidkus van China het Woensdag veiligheidsmaatreëls by casino's opgeskerp. Skandeerders word nou gebruik om mense vir koors te toets.

Die virus het aan die einde van verlede jaar in die stad Wuhan in Sentraal-China uitgebreek, maar het intussen na Beijing, Shanghai, Thailand, Suid-Korea, Japan en Taiwan versprei.

Die Amerikaanse owerhede het Dinsdag bekend gemaak dat daar Maandag in Seattle, Washington, een geval bevestig is. Dié man, in sy 30’s was onlangs in China. Hy, sowel as die vrou in Macao, was albei in ’n stabiele toestand.

Dié nuwe tipe koronavirus herinner aan die Ears (Ernstige Akute Respiratoriese Sindroom)-uitbreking van 2002-’03, wat ook ’n koronavirus was en tot die dood van 800 mense in verskeie lande in Asië gelei het.

Talle lande, insluitende Amerika en Australië, toets nou passasiers op lughawens wat op vlugte vanaf Wuhan daar aankom.

Soos Rapport vroeër berig het is China die wêreld se grootste bron van internasionale toeriste en lande ding daarom mee om elkeen hul sny van dié koek te vergroot.

Ook Suid-Afrika spits hom amptelik op China toe.

Volgens Cotri, ’n navorsingsinstelling vir toerisme vanuit China, besoek sowat 90 000 Chinese toeriste Suid-Afrika jaarliks. Reuters

wuham-virus
Grafika24

Meer oor:  Seattle  |  Washington  |  China  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.