Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodelike virus in China eis reeds 4 lewens

’n Nuwe dodelike virus het reeds die lewe van vier mense in China geëis en nuwe gevalle word steeds aangemeld.

Die land se gesondheidsowerhede het Maandag bevestig dat die uitbreking van dié nuwe tipe koronavirus herinner aan die SARS (Severe Acute Respiratory Syndrome)-uitbreking van 2002/2003, wat ook ’n koronavirus was en tot die dood van 800 mense in verskeie lande in Asië gelei het.

Die nuwe virus, wat as 2019-nCoV bekend staan, word deur menslike kontak versprei. Dit kan longontsteking veroorsaak met simptome wat koors en moeilike asemhaling insluit.

Daar is ’n groot familie van koronavirusse, maar mense was vroeër net vatbaar vir ses daarvan. Daar is nou egter sewe van die virusse waarvoor mense moet ligloop, berig die BBC.

Die nuwe virus is moontlik van ’n seekos-en-wildsvleismark in Wuhan in Sentraal-China afkomstig.

Daar was teen Dinsdag byna 300 gevalle aangemeld, meestal in die stad Wuhan, waar die uitbreking begin het, maar gevalle is ook in Beijing en Shanghai aangemeld. Tawain het intussen ook sy eerste geval aangemeld.

In alle gevalle het die pasiënte Wuhan besoek.

’n Passasier uit China word getoets vir koors op die Almaty Internasionale Lughawe in Kazachstan.Foto: Reuters
Mense met gesigmaskers Maandag by die Jinyintan-hospitaal in Wuhan in die Hubei-provinsie van China.Foto: Reuters

Pres. Xi Jinping van China het dit duidelik gemaak dat alle nuwe inligting oor die virus dadelik openbaar gemaak moet word om ’n herhaling van die SARS-uitbreking te voorkom, toe die regering die erns daarvan aanvanklik probeer wegsteek het.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie vergader Donderdag om te besluit of dit as ’n internasionale gesondheidsnoodgeval verklaar moet word.

Australië, Amerika en talle Asiese lande het reeds begin om passasiers aan boord van vliegtuie uit Wuhan vir koors te toets.

Singapoer plaas as voorsorgmaatreël alle mense met longontsteking onder kwarantyn, asook enigiemand wat Wuhan in die laaste twee weke besoek het. Reuters


Meer oor:  China  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.