Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodetal amper dubbel ná aanval op hotel in Mogadisjoe

Die dodetal in Vrydag se bomaanval by ’n hotel in Mogadisjoe, hoofstad van Somalië, het intussen byna verdubbel.

Aanvanklik is berig 28 mense is dood toe selfmoordbomaanvallers twee motorbomme by die hotel laat ontplof het.

Veiligheidsbeamptes hardloop weg van die toneel af kort na nog 'n ontploffing. Foto: Reuters

CNN berig Dinsdag die dodetal is nou 52.

Mohammed Yusuf van die Medina-hospitaal, waar baie van die mense wat gewond is behandel word, het aan CNN gesê nog vyf mense is Maandagoggend in die hospitaal dood.

Soos vroeër berig het die terreurgroep Al-Sjabaab, ’n Al-Kaïda-splintergroep, verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval by die Sahafi-hotel naby die hoofkantoor van Somalië se misdaadondersoekdepartement (CID).

Die wrak van 'n voertuig wat vernietig is in die selfmoordbomaanval naby die Sahafi-hotel in Mogadisjoe. Foto: Reuters

Volgens die polisie het hotelwagte en CID-beamptes op die aanvallers geskiet.

Sowat 20 minute later het ’n derde ontploffing die gebied geruk. Volgens ooggetuies was die bom in ’n toek-toek naby die hotel geplaas.

“Vier militante wat probeer het om die hotel te betree, is deur die polisie en die hotelwagte doodgeskiet,” het kapt. Mohamed Ahmed, polisiewoordvoerder, aan Reuters gesê.

“Twee ander was selfmoordbomaanvallers wat deur hul motorbomme opgeblaas is. Die derde motor is van ’n afstand laat ontplof. Ses militante is dood,” het hy kort ná die aanval bevestig.

Dit is intussen bevestig dat Abdifitah Abdirashid, gesiene sakeman wat die hotel by sy pa geërf het, in die aanval dood is. Sy pa is in 2015 in ’n soortgelyke aanval deur Al-Sjabaab dood, berig die plaaslike media. – Reuters

'n Man wat gewond is in die aanval ontvang behandeling by die Kalkaal-hospitaal. Foto: Reuters

Meer oor:  Terreur  |  Bomaanval  |  Hotel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.