Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodetal in Italië styg, Covid-19 brei uit in Midde-Ooste

Koeweit, Bahrein, Afganistan en Irak het Maandag hul eerste gevalle aangemeld van mense wat positief getoets het vir die Covid-19-virus en in Italië het die dodetal Maandagmiddag op sewe gestaan.

’n Munisipale kennisgewing oor die koronavirus in Casalpusterlengo, Noord-Italië. Foto: Lapresse via AP

Meer as 2 600 mense is reeds wêreldwyd dood aan die nuwe koronavirus, waarvan die meeste in China.

Die meer as 200 gevalle in Italië het Europa op ’n gereedsheidsgrondslag geplaas.

Stella Kyriakides, die Europese Unie (EU) se gesondheidskommissaris, sê sou enige reisbeperkings ingestel word in die Schengen-gebied, waarin daar vrylik oor grense tussen lande heen beweeg word, sal dit gekoördineer moet word en in verhouding tot die moontlike risiko wees.

“Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê beperkings op reis en handel is nog nie nodig nie,” het Kyrakides Maandag gesê.

Die WHO sal volgens haar Dinsdag na Italië gaan om die situasie te ondersoek.

Angelo Borrelli, hoof van Italië se burgerlike beskermingorganisasie, het Sondag gesê hulle kon nog nie pasiënt zero identifiseer nie.

Oor die naweek is openbare geleenthede in tien munisipaliteite in Lombardye en Veneto, in die noordoostelike deel van die land, verbied.

Openbare dienste is gestaak, geboue gesluit, vervoer is beperk en individue wat moontlik in aanraking met die koronavirus kon gewees het, word afgesonder.

“Ons vra mense wat uit gebiede kom waar die virus geïdentifiseer is om in hul huise te bly,” sê Roberto Speranza, minister van gesondheid.

Die land se minister van onderwys het aangekondig dat skole in Milaan, hoofstad van Lombardye, van Maandag vir ’n week gesluit is en dat alle skooluitstappies afgestel is.

Minstens drie wedstryde van Italië se topsokkerliga, Serie A, in die twee provinsies afgelas.

Jean-Baptiste Djebbari, die Franse junior minister van vervoer, sê dit sal nie sin maak om grense met Italië te sluit nie.

“Die verspreiding van die koronavirus word nie beperk deur administratiewe grense nie,” het hy aan BFM Business gesê.

Olivier Veran, Franse minister van gesondheid, sê hy en sy Europese eweknieë sal gou gesprekke voer oor hoe om ’n moontlike risiko van ’n epidemie in Europa te hanteer. “Vandag is daar geen epidemie in Frankryk nie. Daar is wel ’n problematiese situasie voor die deur in Italië, wat ons fyn dophou.”

Hulle haal ’n parlementslid aan wat Iran se minister van gesondheid daarvan beskuldig dat hy nie eerlik is met die aantal mense wat al in Iran aan Covid-19 dood is nie.

Koeweit het drie gevalle aangemeld en Bahrein en Irak een elk. Daar is nou minstens agt gevalle in die Midde-Ooste.

Turkye, Pakistan en Armenië het sy grense met Iran gesluit, waar 43 gevalle aangemeld is en minstens 12 mense dood is. Irak het sy verbod op reisigers van Iran strenger gemaak.

Volgens ’n berig van die nuusagentskap Ilna in Iran is daar in die stad Qom, waar die eerste gevalle aangemeld is, reeds 50 mense dood.

Hulle haal ’n parlementslid aan wat Iran se minister van gesondheid daarvan beskuldig dat hy nie eerlik is met die aantal mense wat al in Iran aan Covid-19 dood is nie.

Suid-Korea het sy waarskuwingsvlakke tot die hoogste vlak opgestoot. Daar is nou meer as 833 siek mense en sewe sterftes.

In China is daar Sondag nog 150 mense dood luidens die Nasionale Gesondheidskommissie, wat die getal sterftes op 2 592 te staan bring met 77 150 wat met die virus besmet is. CNN, Al Jazeera, The New York Times

Meer oor:  Wêreldgesondheidsorganisasie  |  Irak  |  Italië  |  Afganistan  |  Covid-19  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.