Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodetal in Japan styg tot 66

Die dodetal in Japan het Dinsdag tot 66 gestyg nadat die tifoon Hagibis die sentrale en ooste dele van land die naweek getref het.

Reddingswerkers het Dinsdag voortgegaan met hul soektog in die modder en puin na vermiste mense.

Minstens 15 mense is steeds vermis.

Sowat 138 000 huishoudinge is sonder water, terwyl 24 000 wonings nie elektrisiteit het nie.

Shinzo Abe, Japan se premier, sê die regering sal alles in sy vermoë doen om seker te maak dat die slagoffers van die ramp so vinnig as moontlik na hul normale lewe kan terugkeer.

Duisende polisielede, brandbestryders en lede van die weermag help om mense te bereik wat moontlik deur vloede of modderstortings van die res van die land afgesny is.

Daar is egter min hoop dat die vermiste mense lewendig gevind sal word.

Van die wedstryde in die Wêreldbeker-toernooi is weens die tifoon gekanselleer, maar Wêreldrugby het nog geen nuwe aankondigings gemaak oor nog wedstryde wat weens veiligheidsredes gekanselleer word nie. – Reuters

Meer oor:  Rugbywêreldbeker  |  Japan  |  Tifoon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.