Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodetal in ontploffings in Sri Lanka staan op 138

Die dodetal in die Paassondag-ontploffings by kerke en hotelle in Sri Lanka staan nou op 138, berig Al Jazeera.

Die weermag beskerm die St. Antonius-kerk in die hoofstad, Colombo. Dit was een van die plekke wat Sondagoggend onder ’n ontploffing deurgeloop het. Foto: Dinuka Liyanawatte, Reuters

Meer as 250 mense is beseer.

Die BBC berig daar was ontploffings in minstens drie Katolieke kerke Sondagoggend in Colombo, Negombo en Batticaloa. Die ontploffings het tydens Paasfees-kerkdienste gebeur.

Colombo, die hoofstad, en Negombo is in die weste van Sri Lanka en Batticaloa in die ooste van die land.

Drie luukse hotelle – Cinnamon Grand, Kingsbury en Shangri-La in die hartjie van Colombo – het ook deurgeloop.

’n Video van die plaaslike nuusagentskap Blunt Media wys op sosiale media hoe die St. Sebastiaan-kerk in Negombo ná die ontploffing lyk.

Die plafon is aan flarde en ruite het gebars.

Lees ook: Ontplofings tydens Paasnaweek-vieringe in SriLanka

Reuters berig die owerhede vrees toeriste kan onder die oorledenes wees.

Mangala Samaraweera, Sri Lankaanse minister van finansies, sê in ’n twiet die ontploffings was goed gekoördineer om anargie te bevorder. Hy moedig mense wat die demokrasie ondersteun aan om “met senuwees van staal saam te staan”.

Die land berei hom op ’n verkiesing voor.

Een van die slagoffers in Colombo, hoofstad van Sri Lanka. Foto: Derana TV via Reuters
Puin lê verstrooi ná een van die ontploffings in Sri Lanka waarin talle mense dood en beseer is. Foto: Derana TV via Reuters

Meer oor:  Sri Lanka  |  Paasfees-Ontploffings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.