Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodetal in Sri Lanka styg tot 359

Die polisie in Sri Lanka sê die dodetal in die Paasfees-ontploffings het van 321 tot 359 gestyg, berig CNN. Meer as 500 mense is beseer.

Vermeende selfmoordbomaanvallers het op 21 April kerke en hotelle aangeval.

Ranil Wickremesinghe, Sri Lanka se premier, sê hy dink die aanvallers het opleiding in die buiteland gekry, berig die BBC.

Hoewel die regering nog net burgers van Sri Lanka in verband met die aanvalle in hegtenis geneem het, glo die regering dat die Islamitiese Staat agter die aanvalle skuil, soos wat die terreurgroep Dinsdag aangevoer het.

The Guardian berig dat Sri Lanka reeds vanaf 4 April inligting van Indië oor 'n moontlik aanval ontvang het. Indië het Sri Lanka glo ook die Saterdag voor die aanval in kennis gestel dat daar 'n moontlike aanval kan wees.

Intussen het Jacinda Ardern, premier van Nieu-Seeland, gesê haar kantoor is nie bewus van enige intelligensie wat daarop dui dat die aanvalle in Sri Lanka enigsins met die aanvalle in Christchurch verband hou nie, berig Reuters.

Dit volg ná berigte dat 'n junior minister van Sri Lanka Dinsdag beweer het die aanvalle is uitgevoer as vergelding vir die aanvalle op 15 Maart op twee moskees in Christchurch. In dié aanvalle is 50 mense dood.

'n Video het intussen aan die lig gekom van een van die vermeende aanvallers kort voor die Paasnaweek-aanvalle. Hy loop in die straat met 'n sak op sy rug, stop by 'n kind en vryf sy kop voor hy een van die kerke wat aangeval is binnegaan.

Meer oor:  Christchurch  |  Indië  |  Sri Lanka  |  Nieu-Seeland  |  Aanvalle  |  Selfmoordbomme  |  Bomme  |  Dood  |  Selfmoordbomaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.