Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodetal ná dam breek nou 58

Brasiliaanse reddingswerkers het Sondag deurnag gewerk op soek na honderde vermiste mense nadat ’n dam, wat slyk van ’n ysterertsmyn opgegaar het, Vrydag in die dorp van Brumadinho gebreek het ná hewige reënweer in die gebied.

Maandagoggend het die amptelike dodetal op 58 gestaan, terwyl minstens 300 mense nog vermis word.

Pedro Aihara, woordvoerder van die nooddienste, sê totdat die laaste lyk gevind is, sal die reddingswerkers werk asof daar nog oorlewendes is.

’n See van slyk het oor die omliggende gebiede gevloei nadat die dam gebreek het.

Die dam is in 1976 gebou en het volgens ’n plaaslike omgewingsbeskermingsagentskap 1 miljoen m³ slyk gehou.

Die oorsaak van die ramp is nog onbekend nie. 

Intussen het brandbestryders Sondag gevra dat sowat 24 000 mense die dorp so gou moontlik moet verlaat uit vrees dat nog ’n dam ineen kan stort.

“Ons het ’n situasie wat ’n moontlike risiko inhou,” het Pedro Aihara, ’n woordvoerder van die brandweer, gesê.

Die ontruimings is intussen gestaak, nadat dit later vasgestel is daar is nie meer 'n risiko nie. – Reuters

Meer oor:  Dam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.