Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dodetal styg na selfmoord-bom in Afghanistan
Een van die talle beseerdes word na ’n hospitaal geneem ná Dinsdag se dodelike bomontploffing naby Jalalabad in Afghanistan. Foto: Reuters

’n Bom wat Dinsdag by ’n betoging in die ooste van Afghanistan ontplof het, het ten minste 68 menselewens geëis.

Die Britse nuusagentskap Reuters het aanvanklik berig dat 32 mense in die ontploffing op ’n hoofweg tussen Jalalabad en die aangrensende Pakistan omgekom het. ’n Verdere 120 mense is beseer in wat as ’n selfmoord-bomaanval bestempel word.

Die ontploffing by die betoging, wat teen ’n plaaslike polisiebevelvoerder gehou is, volg op ’n vlaag kleiner bomontploffings by skole in Jalalabad en omliggende gebiede Dinsdag waarin ’n twaalfjarige seun omgekom het en verskeie volwassenes en mense beseer is.

Die BBC berig minstens 68 mense het gesterf en 165 mense beseer is in die ontploffing op ’n hoofweg.

Terreurgroepe het tot dusver nog nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir die dodelike ontploffing nie.

Die geweld volg op onlangse pogings deur diplomate om ’n einde te bring aan die voortslepende konflik met die Taliban-militante in die land.


Meer oor:  Afghanistan  |  Terreur  |  Dodetal  |  Oorlog  |  Selfmoord-Bom  |  Terrorisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.