Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dokters geskok oor rekordgetal sterftes in New York

’n Rekordaantal van 779 mense is Woensdag in die Amerikaanse deelstaat New York weens Covid-19 dood.

Dokters en verpleegsters sê hulle is geskok oor die tempo waarteen mense se gesondheid agteruitgaan en waarteen hulle sterf.

150 000 bevestigde Covid-19 gevalle is teen Woensdag in New York aangeteken.

Owerhede sê egter dat die sterftesyfer eintlik veel hoër kan wees omdat dit nie mense insluit wat by die huis doodgaan nie.

“Daar is ’n gesig agter elkeen van hierdie syfers,” sê Andrew Cuomo, die goewerneur van New York.

Hy het beveel dat alle vlae halfstok moet hang ter nagedagtenis aan die slagoffers.

“Die virus val die kwesbaarste en swakste mense aan en dit is ons as gemeenskap se werk om hulle te beskerm,” sê Cuomo.

Gesondheidswerkers verskuif die lyk van ’n Covid-19-slagoffer in New York. Foto: Reuters

Dokters en verpleegsters sê dit is nie net ouer pasiënte en die met onderliggende mediese toestande wat een oomblik gesond lyk en daarna by die dood omdraai nie.

Dit gebeur ook met dié wat jonk en gesond is.

Pasiente “lyk en voel goed en as jy weer kyk, reageer hulle nie meer nie. Ek is paranoïes en bang om uit hul kamers te stap,” sê Diana Torres, ’n verpleegster by die Mount Sinai-hospitaal.

Die VSA het teen Woensdagmiddag sowat 430 000 bevestigde gevalle en meer as 14 700 sterftes gehad. Die virus het vir twee opeenvolgende dae minstens 1 900 mense se lewens geëis.

’n Kis word Woensdag in ’n lykswa in New York, VSA, gelaai. Foto: Reuters

Ondanks die toenemende getalle van mense wat doodgaan, sê Cuomo die algemene tendens in New York lyk wel bemoedigend. Volgens hom is daar ’n afname in die getal mense wat in hospitale opgeneem word en data toon dat inperking help om die kurwe te laat afplat.

New York is een van 42 state wat hul inwoners beveel het om by die huis te bly.

Cuomo sê hulle verwag wel dat die sterftes dieselfde sal bly en selfs in die dae wat kom kan vermeerder.

Meer oor:  New York  |  Covid-19  |  Koronavirus  |  Coranavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.