Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Dorpe oorstroom toe Eloise Madagaskar tref
Die dorp Vodiriana in die Moramanga-distrik van Madagaskar was Woensdagoggend onder water nadat die tropiese storm Eloise die eiland getref het. Foto: Facebook

Inwoners van Vodiriana in die Moramanga-distrik het foto’s op Facebook gedeel van hoe dié dorpie onder water was.

Eloise is nou ’n hewige tropiese storm wat oor die noordelike dele van Madagaskar beweeg. Die storm het Woensdag verswak soos sy oor die binneland van Madagaskar beweeg het, maar sal van Donderdag af weer versterk wanneer sy in ’n suidwestelike rigting oor die Mosambiekkanaal en oor die oseaan na Mosambiek beweeg.

Volgens Ezekiel Sebego, meteoroloog van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sal Eloise weens die warm seetoestande oor die Mosambiekkanaal tot ’n tropiese sikloon versterk.

Sy sal na verwagting Vrydag by Vilankulo in Mosambiek aan land kom. Inwoners van Mosambiek kan swaar reënval en stormwinde van tussen 166 km/h en 213 km/h te wagte wees wat tot oorstromings en vloede kan lei.

Sebego sê hy verwag dat die sikloon teen Sondag in ’n suidwestelike rigting oor die grens van Mosambiek en Suid-Afrika sal beweeg.

Hoewel daar verwag word dat die sikloon sal verswak, sal daar steeds swaar reënval oor die suide van Mosambiek, die oostelike Laeveld, die platorand van Limpopo en Mpumalanga en oor die noorde van KwaZulu-Natal voorkom.

“Dit kan tot wydverspreide oorstromings, skade aan paaie en brûe en die moontlike verplasing van gemeenskappe lei,” sê Sebego.

Volgens Sebego sal die neerslae nog tot Maandag en moontlik ook Dinsdag voorkom, terwyl Gauteng en Noordwes teen Dinsdag ligte reënval kan verwag.

Hy sê die weerdiens monitor Eloise se bewegings en sê ’n sikloon is onvoorspelbaar en dat die roete van die storm nog kan verander. Die weerdiens sal vroegtydig waarskuwings uitreik indien nodig.

Die dorp Vodiriana was Woensdagoggend onder water. Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.