Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Druk op Republikeine vir getuies ná Bolton-manuskrip

Dit blyk dat van die Republikeinse senators in die Amerikaanse senaat moontlik ’n ommeswaai kan maak en saam met die Demokrate stem sodat getuies in pres. Donald Trump se staat-van-beskuldiging-saak kan getuig.

Dié moontlikheid kom nadat dele van ’n manuskrip van John Bolton, Trump se voormalige nasionale veiligheidsraadgewer, Sondagaand in The New York Times gepubliseer is. Dié ongepubliseerde manuskrip vir ’n boek van Bolton behels glo inligting dat Trump destyds aan ’n topassistent gesê het hy wil veiligheidshulp aan Oekraïne weerhou totdat hulle help met ondersoeke na Demokrate in Amerika, insluitend die voormalige adjunkpresident Joe Biden, wat ’n kandidaat in vanjaar se presidensiële verkiesing is.

Die Republikeinse senator Mitt Romney, wat Trump al met tye gekritiseer het, sê die moontlikheid word al hoe sterker dat vier Republikeinse senatore kan besluit om saam met die Demokrate te stem sodat Bolton kan getuig.

Die Demokrate, wat in die minderheid in die senaat is, het nie die nodige stemme om die Republikeine te dwing om getuies te roep nie. Die Republikeine het derhalwe verlede week telkemale die Demokrate se versoeke om sekere getuies in die wiele gery.

Die Republikeine is sedert die uitlek van Bolton se manuskrip onder hernude druk om getuies in die verhoor teen Trump toe te laat nadat die Demokrate hom verlede jaar in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers in ’n staat van beskuldiging geplaas het. Trump is verlede jaar in Desember van magsmisbruik en regsverydeling aangekla.

Die Demokrate het Maandag nadat die inligting rakende die manuskrip uitgekom het, ’n beroep op die Republikeine gedoen om Bolton en ander getuies toe te laat om in die Trump-verhoor te getuig. Die Republikeine kan moontlik Vrydag of Saterdag stem of hulle getuies in die Trump-verhoor sal toelaat.

Trump gaan heel waarskynlik ná afloop van die verhoor in die senaat vrygeskeld word omdat twee derdes van die senaat teen hom sal moet stem om hom as president te verwyder. Daar is 53 Republikeine in die senaat en minstens 20 van hulle sal teen Trump moet stem voordat dit kan gebeur. Reuters

Daar is hernude druk op die Republikeine in die Amerikaanse senaat om getuies van John Bolton, Trump se voormalige nasionale veiligheidsraadgewer, toe te laat nadat dele van sy ongepubliseerde manuskrip uitgelek het. Foto: Reuters


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.