Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Duisende bring laaste eer aan Hawking
Eddie Redmayne, die akteur wat die rol van prof. Stephen Hawking in die rolprent The Theory of Everything vertolk het, kom by die kerk aan. Foto: Reuters

Stephen Hawking, die wêreldbekende Britse fisikus, se begrafnisdiens is Saterdag in die St. Mary die Grote-kerk in Cambridge, Engeland, gehou.

Duisende mense het in die straat om die kerk gestaan om hul laaste eer aan hom te betoon.

Hoewel Hawking ’n ateïs was, het sy familie besluit om ’n kerkdiens te hou sodat sy familie en vriende op ’n tradisionele wyse van hom kon afskeid neem, berig MailOnline.

Die klokke het ook 76 keer gelui, vir elke jaar van Hawking se ouderdom, berig die BBC. Hy is op 14 Maart oorlede.

Die akteurs Lily Cole, Eddie Redmayne en Felicity Jones verlaat die kerk ná die diens. Foto: Reuters

Hawking was veral bekend vir sy teorie oor die oorsprong van die heelal en is die tweede Einstein genoem.

Motorneuronsiekte is in 1963, toe hy net 21 jaar oud was, by hom gediagnoseer.

Dokters het hom twee jaar gegee om te leef. Maar in die jare daarna het hy nie alleen sy doktorsgraad

verwerf nie, in 1965 is hy ook met Jane Wilde getroud en hulle het drie kinders, Lucy, Robert en Tim, uit die huwelik verwelkom. Hawking en Jane is in 1995 geskei. Hy en sy tweede vrou, Elaine Mason, is in 2006 geskei.

Hy was vir langer as 50 jaar in ’n rolstoel.

Hawking sal later vanjaar tydens ’n spesiale plegtigheid in die Westminster-abdy begrawe word en ’n ereplek inneem langs van die bekendste wetenskaplikes in die geskiedenis, soos sir Isaac Newton en Charles Darwin.

Prof. Stephen Hawking se begrafnisstoet kom by die kerk aan. Foto: Reuters
Een van die vele ruikers wat buite die kerk ter ere van prof. Stephen Hawking gelos is. Foto: Reuters
Lede van die media en die publiek het buite die kerk saamgedrom. Foto: Reuters
Die kis van prof. Stephen Hawking word na die kerk in Cambridge gedra deur portiere van die Gonville en Caius-kollege waaraan prof. Hawking verbonde was. Foto: AP
Jane Hawking en haar seun, Timothy, stap agter prof. Stephen Hawking se kis by die kerk in. Foto: Reuters
Meer oor:  Stephen Hawking  |  Cambridge  |  Engeland  |  Begrafnisdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.