Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Toeriste in Frankryk na veiligheid gebring

Sowat 1 600 mense, meestal kampeerders, is na veiligheid gebring ná oorstromings in die suide van Frankryk. Honderde toeriste is met helikopters na veiligheid gebring.

Gard, Ardèche en Drôme is die gebiede wat die ergste getref is.

Verskeie mense is met geringe beserings na die hospitaal geneem.

Die meeste van die 350 kampeerders in die Gard-omgewing was van Nederland, sê Jean-Yves Chapelet, burgemeester van Bagnols.

’n Groep van 136 kinders van die Duitse stad Leverkusen is ook na veiligheid gebring.

Die Franse ministerie van binnelandse sake sê in ’n verklaring ses departemente is op ’n gereedheidsgrondslag geplaas om te help waar nodig, berig die BBC.

Meer as 400 brandbestryders, talle polisielede en vier helikopters is ontplooi.

’n 70-jarige Duitse man wat toesig gehou het oor die kinders in een van die kampterreine word vermis.

Hy het skuiling in sy karavaan gesoek maar dit is later in stukke naby die rivier gekry, berig Daily Mail.

In die Saint-Julien-de-Peyrolas-kampterrein is 119 kinders gered.

Meer oor:  Frankryk  |  Oorstromings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.