SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Wêreld
Tifoon tref Filippynse eiland

Filippynse owerhede het Maandag meer derduisende mense uit kus- en bergagtige gebiede ontruim weens die vrees vir oorstromings en grondverskuiwings weens die tifoon Kammuri.

Kammuri het Maandagaand die Luzon-eiland met ’n windsnelheid van 215 km/uur tref. Dit is gelykstaande aan 'n kategorie-4-orkaan.

Luzon is die land se grootste en digbevolkste eiland.

Al vier terminale van die Ninoy Aquino-internasionale lughawe in die hoofstad, Manila, Maandag en Dinsdag gesluit.

Skole en staatsgeboue is ook gesluit.

Die owerhede het die storm na ’n kategorie 3- tropiese sikloon aangepas en mense oor die moontlikheid van grondverskuiwings, stormsterk winde, swaar reën en oorstromings gewaarsku.

Sowat 200 000 mense is deur noodwerkers uit tientalle provinsies in die suide van Luzon ontruim.

Die Filippyne bied vanjaar die 30ste Suidoos-Asië-spele, wat tot 11 Desember duur, aan.

Kanovaart-kompetisies wat vir 3 Desember geskeduleer is, is as ’n voorsorgmaatreël opgeskort tot verdere kennisgewing.

Die land word jaarliks deur sowat 20 tifone getref.

tifoon
Inwoners tussen huise wat beskadig is nadat tifoon-Kammuri die stad Legazpi in die provinsie Albay in die Filippyne Maandag laat getref het. Foto: Reuters


Meer oor:  Eilande  |  Filippyne  |  Tifoon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.