Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Duitsers moet tot minstens ná Paasnaweek tuisbly

Duitsland gaan sy voorkomingsmaatreëls teen Covid-19 tot 19 April verleng en volgens Angela Merkel, die kanselier, sal die regering die situasie ná die Paasvakansie heroorweeg.

Die bevolking is op 17 Maart opdrag gegee om tuis te bly en ’n verbod is op saamtrekke (ook in kerke, moskees en sinagoges) geplaas. Skole, winkels, restaurante, speelterreine, sportfasiliteite en fabrieke is ook gesluit.

Die infeksies en dodetal neem egter steeds toe en teen Woensdag was daar 67 366 bevestigde gevalle en 732 mense het reeds weens die virus gesterf.

“Ons sien nou van die kleiner resultate nadat ons die maatreëls afgekondig het, maar ons is nog ver van waar ons moet wees,” het sy aan joernaliste gesê.

Merkel het die media te woord gestaan nadat sy ’n telefoonkonferensie met die premiers van Duitsland se 16 state gehad het.

Sy het die publiek gevra om nie gedurende Paasnaweek te reis nie, omdat “ons weet ’n pandemie neem nie vakansies in ag nie”.

Merkel het benadruk dat die maatreël van ’n gesonde afstand tussen mense nie te vinnig gelig kan word, net om later weer ingestel te word nie.

Die premiers het op hul telefoonkonferensie ooreengekom om nié die publiek te vra om maskers te dra wanneer hulle die huis verlaat nie.

Hulle het ook bespreek waar hulle mediese toerusting soos ventilators en maskers kan kry.

Merkel het gesê wanneer Duitsland sy maatreëls lig, sal ’n app bekend gestel word om mense se bewegings te monitor.

Die app, wat ten doel het om diegene te monitor wat in kontak met die virus was of in kontak was met iemand wat die virus onder lede het, sal nie verpligtend wees nie.

Merkel het gesê as die app werk, sal sy dit ook aflaai.

“Natuurlik sal ek bereid wees om die app af te laai as dit beteken dat ek ander kan help,” het Merkel gesê. – Reuters

Meer oor:  Angela Merkel  |  Koronavirus  |  Duitsland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.