Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Wêreld
Duitsers word streng ingeperk

Duitsland stel van 2 November af ’n maand lange noodinperking in om die onlangse skerp styging in koronavirusgevalle te probeer stuit.

Dit sluit in die sluiting van restaurante, gimnasiums en teaters.

“Ons moet nóú optree,” het dr. Angela Merkel, Duitse bondskanselier, Woensdag gesê. Sy sê die onlangse skerp stygings in infeksies het genoeg politieke en openbare steun vir nuwe streng maatreëls geskep.

Van Maandag al word alle private byeenkomste beperk tot tien mense van nie meer as twee huishoudings nie. Restaurante, kroeë, rolprentteaters, teaters, swembaddens en gimnasiums sal sluit en konserte sal gekanselleer word.

Geen toeskouers sal by professionele sportbyeenkomste toegelaat word nie.

’n Man wag in ’n treinstasie in Berlyn by ’n muntoutomaat wat maskers verkoop. Foto: Getty Images

Mense sal gevra word om nie vir private, nie-noodsaaklike redes te reis nie en oornagverblyf in hotelle sal net vir noodsaaklike sakereise toegelaat word.

Skole en dagsorgsentrums sal egter net soos winkels oop bly, maar met streng voldoening aan vereistes ten opsigte van higiëne en die handhawing van ’n veilige afstand tussen mense.

Dié landwye regulasies vervang ’n verwarrende lappieskombers van streekmaatreëls.

’n Hulppakket van 10 miljard sal maatskappye wat inkomste verloor weens die inperking help. Maatskappye met tot 50 werknemers sal 75% van die vorige jaar se inkomste vir November kry.

Duitsland is alom geloof dat hy in die eerste vlaag van die pandemie daarin kon slaag om sy infeksie- en sterftesyfers laer as dié van baie van sy buurlande te hou, maar bevind hom nou midde-in die tweede vlaag, soos die meeste ander Europese lande.

Die afgelope 24 uur het bevestigde positiewe gevalle van die koronavirus met 14 964 tot 464 239 toegeneem, het die Duitse agentskap vir aansteeklike siektes, die Robert Koch-instituut, Woensdag gesê.

Die dodetal het met 85 tot 10 183 toegeneem, wat vrese laat toeneem het oor die land se gesondheidstelsel nadat Merkel gewaarsku het dat dit breekpunt kan bereik as die infeksiekoers aanhou styg.

Sy sê die gesondheidsowerhede is nie meer in staat om die oorsprong van sowat 75% van infeksies op te spoor nie, wat dit moeilik maak om te bepaal presies watter maatreëls die doeltreffendste uitwerking sal hê. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.